30/01/2024
Another happy customer. Thank you Oscar for the opportunity to work with you and the wonderful testimonial.
Translated from original testimonial:
"Ek het Black Spruce Solar Pty Ltd versoek om my te kwoteer vir die installering van sonpanele as toevoeging tot'n bestaande rugsteun omskakelaar(inverter) en battery.
Werner, eienaar van Black Spruce Solar en gesertifiseerde SAPVIA
PVGreencard installeerder het my besoek vir'n terrein inspeksie, al my tegniese
vrae sorgvuldig beantwoord en vir die werk gekwoteer wat ek aanvaar het.
Met die dag van installasie was Werner en sy span betyds, uiters professioneel en
het binne die beraamde tyd die installasie voltooi en ook die omskakelaar ingestel
om sonder probleme te funksioneer. Die nodige installasie dokumente was ook
verskaf. Werner was deurgans op terrein en het deurentyd 'n "hands on' rol vertolk.
Sy tegniese kennis, hulpvaardigheid en doelgerigte werksetiek was indrukwekkend. Selfs toe ek hom later met vrae genader het, het hy nie geskroom om dadelik te reageer nie.
ln 'n industrie wat bekend is vir onetiese praktyke staan Black Spruce Solar uit as'n uiters betroubare diensverskaffer. Ek kan Werner en sy span met vrymoedigheid aanbeveel vir enige PV installasie, hetsy van nuuts al of as toevoeging tot 'n bestaande stelsel."