02/09/2022
Die soeke na ‘n tuiste van ons eie was nog altyd die stryd, tot op hede is dit onveranderd. Met ‘n onwrikbare geloof begronding en bereidwillige hande het ons vinnig werk gemaak daarvan om die dor land te omskep in iets wat slegs as ‘n wonderwerk beskryf kan word. Ten spyte van elke aanslag is die vier sektore van ons handewerk nog steeds die pilare wat Suid-Afrika regop hou.
Met dieselfde oortuiging en bereidwilligheid as ons voorouers, het die Vryheid beweging dit vanpas gevind om ons vriendskappe saam te bring en te help bou waar ook al, wanneer ook al, en so gereeld as moontlik, dit is midde ons eie stryd.
In die moderne era het dienslewering onpersoonlik geword, ons streef daarna om terug te gaan na ons wortels waar elke kliënt direk sal werk met ‘n individu wat beskik oor die nodige antwoorde op elke vraag. Ons voer elke projek met passie, trots en uitnemendheid uit, ook omdat ons vaandeldraers van iets groter as onsself is in die prentjie van die kollektief. Die saad vir ons sukses lê daarin dat ons eienaarskap neem van ons projekte alhoewel dit nooit werklik ons eie is nie. Dus stel ons, onsself in die posisie van die kliënt en kies om dinge uit dié oogpunt te aanskou.
Ons samevoeging van professionele dienste is beproef en beloof om ‘n uitmuntende span te wees wat soos ‘n goed geoliede masjien funksioneer. Of dit meervlakkige, top gehalte huise is of eenvoudiger tot nuutgeboude huise, ons beskik oor die vermoë om dit te laat gebeur. Ons professionele span sal u bystaan en adviseur deur elke stap van die proses, dus sal jy selfversekerd besluite kan neem oor die uitrol van die droom projek.
Sonder enige kruk of uitdeel het ons voorgangers die standaard gestel, ons streef daarna om die vaandel af te los en dit met die nodige respek te hanteer. Die nalatenskap van ons kleine volkie is vanselfsprekend.