24/01/2021
Baie dankie Loyal Security
Gemeenskap Sektor 4,
🆘 *Noodtoestand*
🆘 *Beplanning*
🆘 *Sikloon Eloise*
1. Wanneer enige iemand hulp kort, bv in die geval van 'n vloed of 'n dak wat afgewaai het, kontak asb die volgende koördineerders in JOU area wat geindentifiseer is en nou saamwerk met GPF Sektor 4 Bestuur.
Inligting moet so vinning en korrek deurgegee word aan koördineerders vir effektiewe kommunikasie en om die regte hulp dadelik te kan verleen.
Lys van koördineerders sal apart volg.
2. Sorg dat julle batterye van flitse gelaai is of ekstra batteye gereed is.
3. Sorg dat jou radio gelaai is en ekstra batterye ook gelaai is.
4. As jy gebruik maak van 'n radiomas, ontkoppel dit liefs, en maak gebruik van 'n voertuig antenna vir kommunikasie. Weerlig kan antennas uitslaan en radio beskadig.
5. Maak seker dat julle generators vol brandstof is en dat jy ekstra brandstof het.
6. As daar mense is met trekkers, grondverskuiwingstoerusting en vragmotors, om mense wat vasgevang is in diep waters, te kan help, kontak ons dringend asseblief.
7. Maak seker dat julle watertenks vol gepomp is.
8. Voertuie onder afdakke of in motorhuis parkeer, teen haelskade. Nie onder bome nie asseblief.
9. Lede wat kan help met herlei van boodskappe tussen kanaal 1 en kanaal 4 met HGPF Radio Beheer, kontak asseblief vir Edna.
Hierdie boodskap is nie om paniek te saai nie, ons is eerder gereed en niks gebeur, as wat ons op 'n ramp afstuur en niks is gereed nie en inplek nie.
Groete
Nico van Vuuren
Voorsitter
GPF Sektor 4
Hierdie boodskap is nie om paniek te saai nie, ons is eerder gereed en niks gebeur, as wat ons op 'n ramp afstuur en niks is gereed nie en inplek nie.
Groete
Nico van Vuuren
Voorsitter
GPF Sektor 4
*Koördineerders - Sikloon Eloise*
*GPF Sektor 4*
• Toeks Henning
082 480 3980
Andeon, en direk omliggend
• Danie van Niekerk
063 686 6284
Andeon en direk omliggend
• Jaco Loots
065 999 1244
Magalies Moot en Swacina Park en direk omliggend
• Artur D'Almeida
082 573 1154
Zandfontein, Uitzicht, Krauseville en direk omliggend
• Jan Hendrik vd Merwe
076 680 8941
079 920 4215
Krauseville, Uitzicht en Zandfontein en direk omliggend
• Marcel Boshoff
068 242 9900
Boekenhoutkloof, Leokaville en direk omliggend
• Etienne vd Walt
083 929 3633
Kameeldrift Wes
• Sarel le Grange
082 824 2567
Kameeldrift Wes
• Nico van Vuuren
060 847 4403
Waar dringende hulp benodig word, alle areas
• André Visser
*Radio Kommunikasie probleme*
074 235 9708
Alle areas vir radio probleme