12/11/2025
Fish Eagle Mining Solutions – West Coast Branch is proud to be part of this powerful wave of collaboration transforming the West Coast! 🌊💼
As Director of Fish Eagle Mining Solutions and Vice Chair of the Langebaan Business Chamber, I’m excited to see local business chambers joining forces to drive growth, strengthen partnerships, and create opportunities that uplift our entire region.
Our West Coast Branch, established in 2023, stands as a testament to our commitment to innovation, infrastructure, and community development. Together, we’re not just doing business — we’re shaping the future of the West Coast! 💪🌍
SAKEKAMERS WERK SAAM.
Plaaslike sakekamers in die Weskus gaan voortaan hande vat om die gebied beter te bemark en as 'n samewerkende beweging betrokke te raak by gesprekvoerings met verskeie rolspelers, soos onder meer plaaslike munisipaliteite en ander vennote.
Die nuutgestigte groep, Joint Business Chambers and Forums - Weskus, sal ook poog om sakekamers te help om streeksaktiwiteite te koördineer en kundigheid te deel.
Vier bestaande sakekamers, die Langebaan-sakekamer, St. Helenabaai-sakekamer, Velddrif-sakekamer en die Weskus-sakekamer, is betrokke by die beweging. Die West Coast Black Business Alliance het die groep sakekamers se tweede vergadering vroeër die maand in Langebaan bygewoon, en oorweeg moontlike toekomstige betrokkenheid by die beweging.
Die groep is sowat 'n maand gelede gevorm en
volgens Dirk van der Walt, voorsitter van die Langebaan-sakekamer, behou elke sakekamer steeds sy eie fokus, maar deel 'n gemeenskaplike doel van streeksgroei en samewerking.
"Ons kan meer effektief met munisipaliteite en ander rolspelers skakel indien ons sakekamers se pogings saamsnoer."
Volgens André De Villiers, die voorsitter van die Weskus-sakekamer, gaan die beweging samewerking tussen die lede bevorder.
"Die Weskus het groot moontlikhede en ons is sterker as ons saamwerk."
Die onlangse vergadering in Langebaan is ook bygewoon deur André Truter, die SBM se burgemeester.
Die groep beoog om gereeld te vergader en sy strukture in die komende maande te formaliseer.
***Op die foto (wat voorsien is) is van links:
Eugene Du Toit (West Coast Black Business Alliance), Dirk van der Walt (Langebaan-sakekamer), Enrico Adams (West Coast Black Business Alliance), Johnny Sinden (Langebaan-sakekamer), Kim Pastor (Velddrif-sakekamer), Gary Badenhorst (Weskus-sakekamer), André Truter (SBM-burgemeester), Stoan Bartel (St. Helenabaai-sakekamer) en André De Villiers (Weskus-sakekamer).