03/06/2026
Langs die Vaalrivier in die Noordwes-Vrystaat boer die broers Carl en Cawood Crous met mielies, sojaboon, sonneblom, koring en ’n Draughtmaster-stoet. Hulle maak van aanvullende besproeiing gebruik. 💧
Dít na hulle weens uitdagings soos beurtkrag vir die soveelste keer met ’n mooi oes op die land gesit het, maar nie in staat was om te besproei nie. So is die besluit geneem om met Agrico hande te vat vir ’n unieke, pasgemaakte besproeiingstelsel.
In hierdie video, vertel Johann Marnewick, takbestuurder van Agrico Lichtenburg, en André van Jaarsveld, besproeiingsontwerper, ons meer oor hierdie slim sonkragstelsel. ☀️🤩
✅ Lees meer oor die projek op ons webtuiste: https://agrico.co.za/news/agrico-sonkrag-gravitasie-n-besproeiingsdroom/