Ons Huis, Citrusdal

Call Directions Contact the business

Ons Huis, Citrusdal Ons gee om vir Ouer Persone - dit maak die verskil! Ons Huis is 'n program van BADISA wat residensiële en versorgingsdienste lewer aan Ouer Persone.

🔥 ’n Groot dankie aan Oom Jan Nieuwoudt vir die skenking van die heerlike snoek en dat hy sommer vroegoggend by die vuur...
11/11/2026

🔥 ’n Groot dankie aan Oom Jan Nieuwoudt vir die skenking van die heerlike snoek en dat hy sommer vroegoggend by die vuur gestaan en braai het! Dankie ook aan Oom Koos Slabber vir sy hulp.

Baie dankie aan Feedem se span vir die heerlike braaibroodjies en slaaie!

TEAMWORK MAKES THE DREAM WORK 💙

Kom maak gerus ’n draai en kyk wat ons alles het. Daar is hope mooi goedjies asook lekker eetgoedjies beskikbaar Ons sie...
11/11/2026

Kom maak gerus ’n draai en kyk wat ons alles het. Daar is hope mooi goedjies asook lekker eetgoedjies beskikbaar

Ons sien uit daarna om julle daar te sien!

10/11/2026

Ons Huis sê dankie 🥰🙏🥰🙏

Terwyl ons Ons Huis se 53ste bestaansjaar vier, wil ons uit ons harte baie dankie sê aan ons gemeenskap vir julle liefde, omgee en volgehoue ondersteuning aan Ons Huis en ons inwoners.

Sonder julle betrokkenheid, bydraes en ondersteuning sou dit nie moontlik wees om voort te gaan om 'n veilige, gemaklike en liefdevolle tuiste aan ons inwoners te bied nie. Julle maak werklik 'n verskil in die lewens van soveel mense, en ons waardeer elke gebaar van omgee opreg.

Bo alles wil ons ons Hemelse Vader dank vir Sy genade deur die jare. Ons besef dat ons soveel seëninge ontvang.

Baie dankie THORNLANDS, NEXUS, OMNIA, NIEUWOUDT SPRAY & JJ's ENGINEERING wat weereens 'n gholfdag ten bate van Ons Huis ...
02/11/2026

Baie dankie THORNLANDS, NEXUS, OMNIA, NIEUWOUDT SPRAY & JJ's ENGINEERING wat weereens 'n gholfdag ten bate van Ons Huis beplan vir Maart 2027, ons waardeer julle opreg!

BAIE DANKIE vir die donasies dusver!    Daar is reeds R8750 ingesamel!  HELP ONS ASSEBLIEF OM ONS DAK TE HERSTEL! ❤️Ons ...
02/11/2026

BAIE DANKIE vir die donasies dusver! Daar is reeds R8750 ingesamel!

HELP ONS ASSEBLIEF OM ONS DAK TE HERSTEL! ❤️
Ons Huis wil graag fase 1 van die nodige herstelwerk aan ons 'fascia boards' aanpak, en ons vra die gemeenskap se ondersteuning om hierdie projek moontlik te maak.
Kontak ons gerus indien u ’n afskrif van die kwotasie van Kouestroom wil hê.
Verwysing vir donasies: U naam / Dak
Baie dankie aan elkeen wat Ons Huis ondersteun.
📧 [email protected]
☎️ 022 921 2208 See less

🏠 HELP ONS ASSEBLIEF OM ONS DAK TE HERSTEL! ❤️Ons Huis wil graag fase 1 van die nodige herstelwerk aan ons 'fascia board...
29/10/2026

🏠 HELP ONS ASSEBLIEF OM ONS DAK TE HERSTEL! ❤️

Ons Huis wil graag fase 1 van die nodige herstelwerk aan ons 'fascia boards' aanpak, en ons vra die gemeenskap se ondersteuning om hierdie projek moontlik te maak.

Kontak ons gerus indien u ’n afskrif van die kwotasie van Kouestroom wil hê.

Verwysing vir donasies: U naam / Dak

Baie dankie aan elkeen wat Ons Huis ondersteun.

📧 [email protected]
☎️ 022 921 2208

Baie dankie aan almal wat Woensdagaand ons jaarvergadering bygewoon het! Dit was lekker om al die nuus met julle te deel...
23/10/2026

Baie dankie aan almal wat Woensdagaand ons jaarvergadering bygewoon het! Dit was lekker om al die nuus met julle te deel, asook ons planne en drome vir die toekoms. 🌷

Dankie ook aan FEEDEM vir die heerlike eetgoed en moeite om alles mooi te maak, ons waardeer julle!

Afskrifte van die jaarverslag is beskikbaar by die kerk en by ons ontvangskantoor vir enigiemand wat graag ’n kopie wil hê.

19/10/2026
🚜 Ons Huis sê baie dankie! Baie dankie aan Jan Auto en die Olifantsrivier Veterane Trekkerklub dat julle Ons Huis weer S...
12/10/2026

🚜 Ons Huis sê baie dankie!

Baie dankie aan Jan Auto en die Olifantsrivier Veterane Trekkerklub dat julle Ons Huis weer Saterdag kom besoek het.

Aan almal wat donasies aan Ons Huis gemaak het en gehelp het om die dag moontlik te maak – baie, baie dankie vir julle ondersteuning en vrygewigheid.

Ons inwoners het dit, soos altyd, ongelooflik geniet! Dit is elke jaar vir hulle ’n baie spesiale dag en ons waardeer dit opreg!

🚒 Ons Huis sê dankie! 🚒Baie dankie aan Stirling Bok en sy span van die Citrusdal Brandweer vir julle tyd, hulp en bereid...
07/10/2026

🚒 Ons Huis sê dankie! 🚒

Baie dankie aan Stirling Bok en sy span van die Citrusdal Brandweer vir julle tyd, hulp en bereidwilligheid om ons vandag by te staan met ons ontruimingsoefening.

Ons waardeer julle tyd, ondersteuning en leiding, soos altyd.

Baie dankie vir alles wat julle vir Ons Huis en vir Citrusdal Gemeenskap doen ❤️🚒

Address

Parkstraat 76
Citrusdal
7340

Telephone

0229212208

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Huis, Citrusdal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Huis, Citrusdal:

Shortcuts

Share

Nearby engineering companies