02/11/2026
🔧 JUNIOR HANDYMAN GESOEK – GEORGE 🔧
Is jy ’n jong man tussen die ouderdom van 19 en 28 jaar oud wat daarvan hou om met jou hande te werk en graag ’n loopbaan in die onderhoudsbedryf wil bou?
0861NUTSMAN is op soek na ’n jong, energieke en praktiese persoon om by ons span in George aan te sluit.
Ons soek iemand wat bereid is om te leer, hard te werk en mettertyd ’n uitstekende Handyman te word. Jy hoef nie reeds ’n ervare Handyman te wees nie – die regte gesindheid en ’n bereidwilligheid om nuwe vaardighede aan te leer, is vir ons baie belangrik! Vorige ondervinding sal voordelig wees.
🛠️ VEREISTES:
• Tussen die ouderdom van 19 en 28 jaar oud
• Woon in George
• Beskik oor ’n geldige bestuurslisensie (noodsaaklik)
🛠️ DIE IDIALE KANDIDAAT:
• Is handig, prakties en gemaklik om met gereedskap te werk
• Het ’n basiese kennis van algemene onderhoudswerk – ervaring sal ’n voordeel wees
• Is bereid om te leer en nuwe vaardighede te ontwikkel
• Is betroubaar, stiptelik, fiks en bereid om hard te werk
• Kan instruksies volg, inisiatief neem en goed in ’n span saamwerk
🌟 WAT BIED ONS?
Die geleentheid om by ’n ervare span te leer, praktiese vaardighede te ontwikkel en ’n langtermyn-loopbaan binne 0861NUTSMAN te bou.
Ons wil graag in die regte persoon belê en hom oplei om ’n uitstekende Handyman vir die toekoms te word!
💰 Salaris: Onderhandelbaar volgens ervaring en vaardighede.
📧 HOE OM AANSOEK TE DOEN
Indien jy aan die vereistes volkome voldoen en gereed is om te leer, te groei en deel van ons span te word, stuur asseblief jou CV, tesame met ’n kort dekbrief waarin jy ons meer van jouself en jou ervaring vertel, na:
📩 [email protected]
BELANGRIK: Aansoekers moet in George woon en oor ’n geldige bestuurslisensie beskik. GEEN FACEBOOK-boodskappe sal aanvaar word nie.
🔧 Is jy gereed om jou toekoms saam met ons te bou? Ons sien uit om van jou te hoor!