02/04/2026
Geagte Gemeenskap,
Ons wil u graag op hoogte bring van die huidige situasie rakende brandstofvoorsiening.
Ons ervaar tans onkonsekwentheid in die aankooppryse van brandstof. Alhoewel brandstofpryse gereguleer word, wissel die pryse waarteen ons voorraad aankoop daagliks.
Gevolglik wil ons u in kennis stel dat die dieselprys deurlopend kan wissel, afhangend van die prys waarteen dit aangekoop word.
Inwoners sal gereeld in kennis gestel word van sowel prysverhogings as prysverlagings.
Ons vra u begrip en geduld gedurende hierdie uitdagende tyd.
Die kontinuïteit van voorsiening bly ons hoogste prioriteit.
HAZ Petroleum Bestuur