DNC Solar

DNC Solar DNC Solar: Commercial wholesaler and installer of alternative energy solutions DNC Solar started with a dream, turned reality.

The Director saw substantial gaps within certain markets and mastered a solution to ensure that these gaps can be filled with fast and effective products and services. With a team having vast experience in traditional energy and alternative energy with a keen focus on customer service and effective solutions they have filled a gap within our South African market.

22/05/2026

Die ANC het sy tyd as regering misbruik; dis Nou Ons Tyd!

Die ANC het sy tyd gehad om Suid-Afrika te regeer. Dit is misbruik. Ná meer as drie dekades van ANC-regering is die land bykans vernietig. Onbevoegdheid en korrupsie het staatsinstellings uitgehol en munisipaliteite laat verval.

Die tyd het aangebreek vir almal van ons wat opreg glo in die pragtige land van geleenthede om saam te staan. Ons tyd het aangebreek om te besluit oor die toekoms, om gehoor te word, om geleenthede te skep, om op te staan en om dinge te laat gebeur om ‘n beter toekoms te skep.

Dit is daarom ook tyd om te registreer om hiervoor te kan stem.

“Ons” is almal wat slagoffers is van ANC-onbevoegdheid, korrupsie en swak dienslewering. Ons is almal wat belastings en heffings betaal en nie dienste kry nie. Ons is die Afrikanergemeenskap en ander minderhede in Suid-Afrika. Ons is die VF Plus wat saam met jou in hierdie stryd staan.

Almal wat voel dit is “ons tyd” kan met die verkiesing op 4 November die VF Plus se hand vat en sê: Dis Ons Tyd om te sorg dat die land ‘n toekoms skep vir elke mens wat in hom woon.

Plaaslike regering, die kern van dienslewering, is in 'n eksistensiële krisis: munisipaliteite is bankrot en wanfunksioneel met onbetaalbare skuld.

Daar is reuse waterverliese weens gebrek aan instandhouding. Riool- en elektrisiteitsinfrastruktuur is in 'n haglike toestand. In baie dorpe staan die krane leeg. Riool vloei in die strate, paaie verval en vullisverwydering het in talle munisipaliteite die uitsondering eerder as die reël geword.

Dit verlam gemeenskappe. Plaaslike regering is die wortels van ’n land se ekonomie. Wanneer dit verrot, vrek die boom.

Hierdie mislukkings het nie net die ekonomie vernietig nie, maar ook die droom van ’n verenigde, welvarende nasie gekelder. Beleggers vlug, kundiges emigreer en gewone, hardwerkende mense betaal die prys.

Die tyd het gekom vir die goeie mense van Suid-Afrika om ’n streep in die sand te trek. Ons verdien beter as dit wat die ANC ons oor die laaste dertig jaar gegee het. Dis Ons Tyd.

- Dr. Corné Mulder, VF Plus-leier

________________

The ANC wasted its time in power; this is Our Time!

The ANC has had more than enough time to govern South Africa. And it wasted that time. After more than three decades of ANC rule, the country is on the brink of ruin. Incompetence and corruption have eroded state institutions and caused municipalities to collapse.

It is time for everyone who truly believe in our beautiful country of opportunity to stand together. Our time has come to shape our future, to let our voices be heard, to create opportunities, to stand up and to do what needs to be done in order to build a better future.

It is also time to register to vote for this.

"Our" voters are all those who are victims of ANC incompetence, corruption and poor service delivery. Our voters are all those who pay taxes and levies but do not receive services. Our community is Afrikaners and other minorities in South Africa. Our name is Freedom Front Plus (VF Plus) and we stand with you.

All those who feel that this is "Our Time" should join hands with the Freedom Front Plus on 4 November and declare: It is Our Time to ensure that the country offers a future for all who live in it.

Local government, the cornerstone of service delivery, is in an existential crisis: municipalities are bankrupt and dysfunctional, saddled with unsustainable debt.

There are massive water losses due to a lack of maintenance. Sewerage and electricity infrastructure is in a terrible condition. In many towns the taps are running dry. There are streams of sewage in the streets, roads are crumbling and, in many municipalities, refuse removal has become the exception rather than the rule.

This paralyses communities. Local government is like the root system of a country’s economy. When the roots rot, the tree dies.

These failures have not only destroyed the economy, but have also shattered the dream of a united, prosperous nation. Investors are fleeing, skilled people are emigrating and ordinary, hard-working citizens are paying the price.

It is time for the good people of South Africa to draw a line in the sand. We deserve better than what the ANC has delivered over the past thirty years. This is Our Time.

- Dr. Corné Mulder, Freedom Front Plus leader

22/05/2026
22/05/2026
22/05/2026

Mense het gelag toe Minister Groenewald aangekondig het dat hy bakkerye in die tronk sou begin. Nou, nadat 12 bakkerye tot dusver gebou is, bespaar die departement R77 miljoen per jaar op brood vir gevangenes. Dis belastingbetalers se geld wat bespaar word.

Hy het ook gevangenisse selfoonvrye sones gemaak waar seinsteurders verhoed dat selfoonseine in of uit gevangenisse gaan.

Wys my nog 'n minister wat soveel gedoen het soos Oom Piet... die Vryheidsfront Plus / Vryheidsfront Plus-verskil is daar vir almal om te sien.

Bron: Renaldo Gouws

Hou jy van verkope en wil jy groot kommissie verdien?DNC Solar soek gemotiveerde verkoopsverteenwoordigers om ons span t...
15/05/2026

Hou jy van verkope en wil jy groot kommissie verdien?
DNC Solar soek gemotiveerde verkoopsverteenwoordigers om ons span te versterk.

📧 Stuur jou CV na: [email protected]

Ons is op soek na ervare sonkrag installeerders en elektrisiëns om by ons span aan te sluit.As jy ondervinding het in so...
15/05/2026

Ons is op soek na ervare sonkrag installeerders en elektrisiëns om by ons span aan te sluit.
As jy ondervinding het in sonpaneel installasies en gereed is vir nuwe geleenthede, stuur jou CV vandag nog.

📧 [email protected]

POS BESKIKBAAR! DNC TELECOMS is op soek na 'n Admin / Verkoops Koördineerder om ons span te versterk.Die rol fokus hoofs...
28/10/2025

POS BESKIKBAAR! DNC TELECOMS is op soek na 'n Admin / Verkoops Koördineerder om ons span te versterk.

Die rol fokus hoofsaaklik op administratiewe take soos fakturering, die skep van werkkaarte, en die gebruik van ons interne stelsels (insluitend Eworks en Sage). Dit sluit ook kliënteskakelwerk en algemene organisering in.

Vereistes: U moet 18 jaar en ouer wees met basiese rekenaarvaardighede.

‼️Stuur asseblief jou CV na [email protected]‼️

Address

Unit 2 Perskor Park, 33 Richards Drive
Midrand
1685

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:30
Saturday 08:00 - 16:30

Telephone

+27101096799

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when DNC Solar posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to DNC Solar:

Share