07/08/2026
Dankie vir julle betrokkenheid en dat die manne vir ons kon deel oor die landbouprogram by die skool!
Hoërskool Burgersdorp by Agri OK 2026
Hoërskool Burgersdorp het vanjaar vir die heel eerste keer deelgeneem aan die Agri OK-konferensie wat op 5 en 6 Augustus by Mentorskraal in Jeffreysbaai plaasgevind het.
Ons is ongelooflik trots op Henricho Rossouw (Gr. 10) en Christiaan Haumann (Gr. 9), twee van ons Blikkies Landboukursus-leerders, wat die skool by hierdie besonderse geleentheid verteenwoordig het.
Woensdagaand het hulle die Jong Boer van die Jaar-dinee bygewoon waar hulle kon leer by van Suid-Afrika se voorste jong boere. Tydens die kongres het hulle waardevolle kennis opgedoen oor die toekoms van landbou, markbestuur, innovasie en die uitdagings én geleenthede wat die bedryf bied.
Dit was lekker om ook van ons oud-leerders by die geleentheid te kon sien. Julle is almal uitstekende ambassadeurs vir ons skool!
'n Opregte woord van dank aan die Burgersdorp Boerevereniging vir die geleentheid en bereidwilligheid om ons leerders saam te neem. Baie dankie ook aan AWRO Ostro Farming vir hul finansiële ondersteuning wat hierdie ervaring moontlik gemaak het.
Saam belê ons in die volgende generasie boere.