04/10/2021
Die Itemba familie is vanoggend tot stilstand geruk met die slegte tyding van Eric van Loggenberg se skielike heengaan. Die skok en hartseer hang oor ons soos ʼn donker wolk.
Eric seun, nie net was jy ʼn belowende vakleerling nie, maar ook deel van die Itemba familie. Jy het die afgelope jaar en ʼn half diep spore getrap wat moeilik gaan wees om te vul. Jou hardwerkendheid en bereidwilligheid was ʼn aansporing vir so baie ander. Die woordjie nee of ek kan nie was glad nie deel van jou woordeskat nie. Dit maak nie saak watter tyd dit was nie jy was altyd net ʼn oproep ver. Altyd by met ʼn grappie of twee om elkeen se dag te op te helder al het jyself soms self nie ʼn lekker dag gehad nie.
Seun jou plekkie gaan baie leeg wees en jy gaan so baie gemis word, weet dat ons jou vir altyd in ons harte sal dra.
Ons innige simpatie aan die Van Loggenberg familie. In hierdie hartseer en moeilike tyd gaan ons harte uit na julle toe, ons is so jammer om te hoor van julle verlies.
Mag ons Vader julle koester en vertroos in hierdie moeilike tyd.
Itemba familie