01/01/2025
Wees bewus van hoe jy praat, leef, doen – jy het net 31,536,000 sekondes in 2025.
Vandag is die eerste skoon bladsy in ‘n 365 bladsye boek. Skryf ‘n goeie een.
Ek wens vir jou – 12 maande van vrede, 52 weke vol genade, 365 suksesvolle dae, 8760 gesonde ure, 525600 geseënde minute en 31536000 sekondes van lewensblyheid.
Kom maak dit die beste jaar ooit.
Leef elke oomblik in verwondering en genade. Wees lief vir mekaar en moet nie aan iemand doen, wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.
Die nuwe jaar bied aan elkeen van ons ‘n nuwe kans, ‘n nuwe begin. Waarvoor wag jy?
Ek se totsiens aan al die drama en pyn van 2024 en hoop, geluk en wonderwerke in 2025 te verwelkom. Eis dit in geloof.
My wens vir jou…’n jaar vol liefde, geluk, vrede, gesondheid en baie lag! Voorspoedige Nuwe Jaar.