Ovie Nuus - Amptelik

Ovie Nuus - Amptelik Die Amptelike Facebook Blad vir Hoërskool Overkruin
Ovie waardes : - Integriteit - Uitnemendheid

Die Amptelike Facebook Blad vir Hoërskool Overkruin
Ovie waardes : - Integriteit - Uitnemendheid - Lojaliteit - Respek - Balans

LANDLOOPOp 3 Junie, terwyl hardlopers regoor die wêreld Globale Hardloopdag gevier het, trek ons landloopatlete hul tekk...
19/06/2026

LANDLOOP
Op 3 Junie, terwyl hardlopers regoor die wêreld Globale Hardloopdag gevier het, trek ons landloopatlete hul tekkies aan en woon oefening by soos gewoonlik. Terwyl kampioene die Comrades aangepak het, was ons leerders besig om hul eie hardloopreis te voltooi.

Hul bereidwilligheid om te oefen, selfs ná 'n lang skooldag, getuig van die toewyding, dissipline en passie wat sport so 'n waardevolle deel van hul lewens maak.

Hierdie toewyding was veral betekenisvol in 'n week waarin duisende hardlopers die uitdaging van die Comrades Maraton aangepak het. Alhoewel die afstand tussen ons oefenveld en die Comrades-roete grootliks verskil, bly die eienskappe wat nodig is dieselfde: deursettingsvermoë, vasberadenheid en die moed om aan te hou om een voet voor die ander te sit.

Elke groot hardloper begin met die besluit om op te daag. 🏅

CROSS COUNTRY
On 3 June, while runners around the world celebrated Global Running Day, our cross-country athletes laced up their shoes and attended practice as usual. While champions were conquering Comrades, our learners were following their own running journey.

Their willingness to train, even after a long school day, reflects the dedication, discipline, and passion that make sport such a valuable part of their lives.

This commitment was especially meaningful in a week when thousands of runners took on the challenge of the Comrades Marathon. While the distance between our practice field and the Comrades route may seem vast, the qualities required are the same: perseverance, determination, and the courage to keep putting one foot in front of the other.

Every great runner starts with the decision to show up. 🏅

RUGBYBaie geluk aan die volgende leerders met hul uitstekende prestasies:🏉 Blessed Mashayika is verkies tot die o. 16-No...
19/06/2026

RUGBY
Baie geluk aan die volgende leerders met hul uitstekende prestasies:

🏉 Blessed Mashayika is verkies tot die o. 16-Noordvaalspan
🏉 Eagan Klein is verkies tot die Bulle o. 18-vyftiental
🏉 Onyeari Didi is verkies tot die Bulle Akademiespan

Julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë het vrugte afgewerp. Ons is ongelooflik trots op julle en wens julle alles van die beste toe vir hierdie opwindende geleenthede!

RUGBY
Congratulations to the following learners on their outstanding achievements:

🏉 Blessed Mashayika has been selected for the u. 16 Noordvaal Team
🏉 Eagan Klein has been selected for the Bulls u. 18 Team
🏉 Onyeari Didi has been selected for the Bulls Academy Team

Your hard work, dedication, and perseverance have paid off. We are incredibly proud of you and wish you every success as you embark on these exciting opportunities!

RUGBYBaie geluk aan ons o. 15B-rugbyspan wat as ligawenners gekroon is!Julle harde werk, deursettingsvermoë en spanwerk ...
19/06/2026

RUGBY
Baie geluk aan ons o. 15B-rugbyspan wat as ligawenners gekroon is!

Julle harde werk, deursettingsvermoë en spanwerk het vrugte afgewerp. Ons is ongelooflik trots op wat julle bereik het en wens julle geluk met hierdie besondere prestasie. Welgedaan, manne! 🏉🎉

RUGBY
Congratulations to our u. 15B rugby team on winning your league!

Your hard work, determination, and teamwork have paid off. We are incredibly proud of your achievement and congratulate you on this outstanding accomplishment. Well done, boys! 🏉🎉

RUGBYBaie sterkte aan ons o. 14-rugbyspan wat môre in die Noordvaal semi-finaal teen Wonderboom uitdraf!Ons weet julle s...
19/06/2026

RUGBY
Baie sterkte aan ons o. 14-rugbyspan wat môre in die Noordvaal semi-finaal teen Wonderboom uitdraf!

Ons weet julle sal julle beste gee en met trots speel. Geniet elke oomblik, speel hard, speel as ’n span en los alles op die veld. Die wedstryd vind om 08:00 by die Pretoria-Noord Stadion plaas.

Ons staan agter julle en wens julle alle sterkte toe. Maak ons trots! 🏉

RUGBY
Best of luck to our u. 14 rugby team as they take on Wonderboom in the Noordvaal semi-final tomorrow!

We know you will give your all and represent our school with pride. Enjoy every moment, play with heart, work together as a team, and leave everything on the field. The match kicks off at 08:00 at Pretoria North Stadium.

We are behind you all the way and wish you the very best. Make us proud! 🏉

18/06/2026

By Hoërskool Overkruin word jy toegerus vir sukses - in die klaskamer, op die sportveld, op die verhoog, en in die lewe.

Aan alle toekomstige Ovies: hier ontwikkel jy in ‘n gebalanseerde mens!

Hou ons sosiale media dop – aanlyninskrywings maak vroeg in die derde kwartaal oop! By ons skool kry jy:

✅ Akademiese uitnemendheid: Ons is trots op top-prestasies en toegewyde onderwysers wat jou potensiaal raaksien en ontwikkel.
✅ Moderne fasiliteite: Van ‘n splinternuwe Astro tot digitale klaskamers – ons leeromgewing is ontwerp vir sukses.
✅ Uitstaande sport- en kultuurgeleenthede: Ontwikkel jou talente op én van die veld of verhoog. Ons OvieMob is alombekend vir hulle uitstekende prestasies!
✅ Volhoubare waardes en leierskap: Hier word jy gevorm as 'n gebalanseerde individu wat voorbereid is vir die toekoms. Ovies KYK VER!
✅ ’n Warm en inklusiewe skoolgemeenskap: Hier is almal deel van die Ovie-familie!
---------------
At Hoërskool Overkruin you are equipped for success - in the classroom, on the sports field, on the stage, and in life.
To all future Ovies: here you develop into a balanced person!

Keep an eye on our social media – registrations open early in the third term! At our school you will get:

✅ Academic excellence: We pride ourselves on top achievements and dedicated teachers who recognise and develop your potential.
✅ Modern facilities: From a brand-new Astro to digital classrooms – our learning environment is designed for success.
✅ Outstanding sports and cultural opportunities: Develop your talents on and off the field or stage. Our OvieMob is renowned for their outstanding achievements!
✅ Sustainable values and leadership: Here you are shaped as a balanced individual who is prepared for the future. Ovies KYK VER!
✅ A warm and inclusive school community: Here everyone is part of the Ovie family!

LANDLOOPTanya Stickells en Juf. Melandi Britz neem Saterdag aan die interprovinsiale landloop kampioenskappe wat by Lave...
18/06/2026

LANDLOOP
Tanya Stickells en Juf. Melandi Britz neem Saterdag aan die interprovinsiale landloop kampioenskappe wat by Lavender Kontrei Mark plaasvind, deel. Baie sterkte, ons weet jul gaan die Ovies se naam hoog hou!

CROSS COUNTRY
Tanya Stickells and Juf Melandi Britz will participate in the interprovincial cross country championships taking place at Lavender Kontrei Mark on Saturday. Good luck, we know you’ll fly the Ovies flag high!

Baie geluk met jou verjaarsdag! // Wishing you a happy birthday!
18/06/2026

Baie geluk met jou verjaarsdag! // Wishing you a happy birthday!

BERGFIETSRYHoërskool Overkruin se bergfietsryers het die afgelope naweek aan die tweede been van die Cycle Lab MTB Schoo...
17/06/2026

BERGFIETSRY
Hoërskool Overkruin se bergfietsryers het die afgelope naweek aan die tweede been van die Cycle Lab MTB School Series by Riversands Farm deelgeneem. Die uitdagende baan het ryers se uithouvermoë en tegniese vaardighede behoorlik getoets, maar ons span het met trots en deursettingsvermoë die Overkruin-kleure verteenwoordig.

Megan de Winnaar het 'n sterk vertoning gelewer deur waardevolle punte vir die span in te samel, terwyl Kayleigh Blackbeard ook uitstekend gevaar het in die Youth 16 Women-afdeling. By die seuns het Stefan van der Merwe, Lee Ford, Reuben Wubbeling en Nathan Britz elkeen vasberadenheid getoon en belangrike punte tot die span se totaal bygedra.

Overkruin het die byeenkoms in 34ste plek algeheel afgesluit. Ons is trots op elke ryer se toewyding en harde werk en sien uit na die volgende uitdaging op die reeks se Kalender.

🚴‍♂️💙 Baie geluk aan al ons bergfietsryers wat die Overkruin-gees met trots uitgeleef het! 💙🚴‍♀️

MOUNTAIN BIKING
Hoërskool Overkruin’s mountain bikers participated in the second leg of the Cycle Lab MTB School Series at Riversands Farm this past weekend. The challenging course properly tested riders’ endurance and technical skills, but our team represented the Overkruin colours with pride and determination.

Megan de Winnaar put in a strong performance by collecting valuable points for the team, while Kayleigh Blackbeard also performed excellently in the Youth 16 Women division. In the boys’ division, Stefan van der Merwe, Lee Ford, Reuben Wubbeling, and Nathan Britz each showed determination and contributed important points to the team’s total.

Overkruin finished the event in 34th place overall. We are proud of each rider’s dedication and hard work and look forward to the next challenge on the series’ calendar.

🚴‍♂️💙 Congratulations to all our mountain bikers who embodied the Overkruin spirit with pride! 💙🚴‍♀️

Baie sterkte met julle finaal Laerskool Danie Malan! Julle harde werk, deursettingsvermoë en spangees het julle tot hier...
17/06/2026

Baie sterkte met julle finaal Laerskool Danie Malan! Julle harde werk, deursettingsvermoë en spangees het julle tot hier gebring. Speel met trots, geniet elke oomblik en gee julle beste op die veld.

Ons is ongelooflik trots op julle en staan bankvas agter julle. Mag dit ’n wedstryd wees om te onthou. Sterkte, manne – wys wat in julle steek!

🏉Baie sterkte aan ons o.10A-rugbyspan! 🏉

Ons wens julle alle sterkte toe vir die Blou Bulle Stadsbeker-finaal op Donderdag, 18 Junie teen Laerskool Tuine!

We are already incredibly proud of each and every one of you. Your hard work, determination, and team spirit have brought you this far. Enjoy every moment, play with passion, and give it your all! 💪🔥

Ons staan sterk agter julle! Bring die beker huis toe! 🏆💙

RUGBY: Ratels, julle het ons trots gemaak! (Baie dankie aan Pierre Rynners en Hoërskool Pretoria-Noord vir die pragtige ...
15/06/2026

RUGBY: Ratels, julle het ons trots gemaak! (Baie dankie aan Pierre Rynners en Hoërskool Pretoria-Noord vir die pragtige aksiefoto’s)

Op 12 Junie het Hoërskool Overkruin se 1ste rugbyspan, die Ratels, kragte gemeet met die sterk span van Hoërskool Pretoria-Noord. Al het die eindtelling 40–28 in die Swartleeus se guns geëindig, vertel die telling nie die volle storie van wat op die veld gebeur het nie.

Dit was ’n wedstryd vol karakter, vasberadenheid en hart. Elke meter is verdien, elke plettervat is met oorgawe gemaak en elke speler het alles gegee tot die laaste fluitjie geblaas het. Die Ratels het gewys wat dit beteken om met trots die maroen trui te dra.

Manne, julle dissipline, deursettingsvermoë en veggees was uitmuntend. Julle het nooit opgegee nie en het tot die einde toe bly glo en bly veg. Dit is daardie eienskappe wat ware sportmanne vorm en waarop die Ovie-familie ongelooflik trots is.

Onthou: Soms leer ’n span meer uit ’n nederlaag as uit ’n oorwinning. Hierdie wedstryd sal nie onthou word vir die telling alleen nie, maar vir die karakter wat julle gewys het en die manier waarop julle vir mekaar en vir Overkruin gespeel het.

Ratels, hou julle koppe hoog. Die Ovie-familie staan agter julle en is trots op elkeen van julle!

Baie geluk aan die Swartleeus van Hoërskool Pretoria-Noord met julle welverdiende oorwinning. Ons wens julle alles van die beste toe vir die res van julle seisoen!

Address

127 Braam Pretorius Street
Pretoria
0182

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ovie Nuus - Amptelik posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ovie Nuus - Amptelik:

Share