29/08/2026
Hierdie week was ons besig met dié ou grote! 🌳💪
’n Groot tak van die wilgerboom het gebreek en bo-op die dek beland. Ons het die beskadigde takke veilig gesny en verwyder en alles weer netjies gemaak.
Nou wag ons net vir die lente, sodat dié pragtige ou wilgerboom weer sy groen blare kan kry en die kuiers op die dek nóg lekkerder kan maak! 🌿☀️