26/05/2026
Tracking Remade nooi jou na die Nelspruit Oewersig Mandjiedans ! - Kom kuier saam, 6 Junie 2026, 17h30 vir 18h00! Nelspruit
Elke maand bied Lyzelle en haar span 'n mandjiedans aan vir die gemeenskap. Dit skep ruimte vir dans, gesellig kuier en vir ons gemeenskap van alle ouderdomme, jonk en oud, om saam by mekaar te kom!
Hierdie maand borg Tracking Remade die geleentheid en nooi ons getroue kliente, vriende en besigheids vennote om die geleentheid te kom ondersteun.
Die geleentheid is vir die hele gesin! Ons hou skattejag vir die kinders, verf gesiggies en vir die ouers.........daar is braaivleis vure, lekker musiekvermaak met Ruben Roos, en prysse om te wen!
R70 per persoon kry jou in en kinders onder 16 jaar is gratis! Beplan jou aan uit saam die Tracking Remade span, veilige omgewing vir ons hele gesin, maar bietjie pret so op 'n Saterdag aand!
Tracking Remade is 'n trotse Laeveld besigheid vir meer as 10 jaar! Ons maatskappy glo in gemeenskap ondersteuning en sekuriteit vir ons besighede en gesinne se groei en ontwikkeling.
Vir meer inligting, kontak Cornelle Crowley of bespreek jou tafel vandag by Lyzelle op 083 492 0583!