THE FEEDPLANT SPECIALISTS
Based in the Little Karoo, Oudtshoorn, our speciality is designing animal feed plants and other agricultural equipment to meet the needs of the agricultural community both local and abroad. Ons het onlangs die vervaardiging van die bekende Cango Engineering reeks voerverwerkings masjienerie in Suid-Afrika oorgeneem en sal voortaan die vervaardiging, diens en instandhoudi
ng van Cango Engineering voeraanlegte en masjienerie in Suid-Afrika behartig. Die oorspronklike eienaar van Cango Engineering, Jarrett Meyer,is steeds betrokke by die beplanning en ontwerp van voeraanlegte en ander pasgemaakte projekte om te verseker dat al ons produkte steeds volgens die getoetsde Cango Engineering spesifikasies en kwaliteit sal vervaardig. Die werkswinkel sal onder leiding van Hugo Meyer, die stigter van Cango Engineering, funksioneer met jare se ervaring in die ontwerp en vervaardiging van voeraanlegte. Karoo Lusern is ‘n diverse landbouverwante besigheid gebou rondom die plaaslike lusern mark. Die moedermaatskappy verbou, verkoop en verwerk lusern en ander ruvoer produkte vanaf 2012, bedryf beide ‘n bees-en-skaapvoerkraal, skaapboerdery, angora-bok boerdery en meer onlangs ‘n spog Slaghuis. Met meer as 10 jaar eerstehandse ervaring in die verwerking van veevoere weet ons hoe belangrik die kwaliteit van implemente en masjienerie is en watter belangrike rol produk kwaliteit en na diens in boerdery speel. Karoo Lusern Engineering het die nuutste ingenieurstoerusting - en masjienerie bekom om hierdie uitstekende voeraanleg en produkte aan kliënte te lewer met die selfde kwaliteid en waarborg as Cango Engineering. Ons bekwame en entoesiastiese span bestaan uit gekwalifiseerde werktuigkundiges met meer as 23 jaar se ondervinding in die bedryf. Karoo Lusern Engineering spesialiseer in voeraanlegte, die onderhoud van bestaande voeraanlegte / masjienerie en die ontwerp en vervaardiging van voeraanlegte / masjienerie volgens elke kliënt se unieke spesifikasies. Ons ontwerp en vervaardig ook landbouverwante toerusting en implemente, pasgemaakte / spesifieke ontwerpe na gelang van elke kliënt se spesifikasies en nog vele meer. Die werkswinkel behartig pas en draai werk, lynboor werk, algemene ingenieurswerk en die ontwerp en vervaardiging van pasgemaakte parte. Hier by Karoo Lusern Engineering streef ons na professionele, vinnige en top gehalte diens en na-diens en sien ons uit om u in ons nuwe besigheid te verwelkom.