11/06/2026
🎄❄️ 𝐂𝐇𝐑𝐈𝐒𝐓𝐌𝐀𝐒 𝐈𝐍 𝐉𝐔𝐋𝐘 𝐈𝐒 𝐓𝐄𝐑𝐔𝐆! ❄️🎄
Merk die datum in jou dagboek – Vrydag 3 Julie van 17:00 tot 20:30 verander Voortrekkerstraat weer in 'n winterwonderland!
Kom geniet 'n gesellige aand vol stalletjies, lekker kos, handgemaakte produkte, lekkers, klere, handsakke, liggies, en hope pret vir die hele gesin.
🎅 Engen Stilbaai het gereël dat Kersvader weer kom kuier, en ons het gehoor dit gaan weer sneeu!❄️
🎶 Van Loveren Family Vineyards het laat weet dat daar heerlike musiek gaan wees deur Robert Bolton, en hulle sal ook iets nat vir die keel hê by Stilbaai Kelders.
Baie van die restaurante en besighede in Voortrekkerstraat gaan ook oop wees, so bring die familie, nooi jou vriende en kom geniet die unieke Kersfees-atmosfeer in die middel van die winter.
Hessequa Tourism - The Explorer's Garden Route Stilbaai Toerisme / Stilbaai Tourism